SKU DEAO-163 Categories , , ,

Moenie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie – Abstract Art

R6200,00

Moenie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie

Abstract Art by Duncan Ebedes

Dimensions: 90cm x 75cm

As ek nie oor iets bekommerd is nie, dan bekommer ek my oor hoekom ek nie oor enigiets bekommerd is nie… en dan begin ek wonder waaroor ek eintlik moet bekommer. Dit kan nogal ‘n bekommernis wees op sy eie!
Ek hou ook daarvan om terug te dink aan argumente wat ek 25 jaar terug in laerskool met mense gehad het – en wat ek eintlik vir daardie persoon moes gesê het. Dan voer ek ‘n heel verbeelde gesprek in my kop, raak kwaad, koester wrokke… en die arme persoon het waarskynlik lankal vergeet ek bestaan!
As dinge te goed gaan, dan begin ek dit bevraagteken… Hoekom? Wat gaan nou kom om alles op te mors!?
Op een van my vele visvang-ekspedisies het ek ‘n groot wit mosselkraker gehaak. Maar in plaas daarvan om net die oomblik te geniet, begin ek myself indink hoe die vis my lyn gaan afbyt en hoe ek hom gaan verloor… Toe kyk my vismaat vir my en sê: “Moenie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie.”
Ek het dit nooit vergeet nie. Tot vandag toe dink ek daaraan as hierdie mal negatiewe gedagtes my kop begin oorneem.
Nou sit jy seker en dink: “Maar waar is die bobbejaan in Ebedes se skildery?” Wel… hy’s agter die berg – en jy moet nie hom gaan haal nie!

Stretched and ready to hang!

Browse my exclusive collection of stunning paintings and bring home a masterpiece today!

Out of stock

error: Content is protected !!
Scroll to Top