Categories All Products, Original Paintings
Grondpad No. 14 – Geen Sein
R7200,00
Grondpad No. 14 – Geen Sein
Meeste van die geraas leef nie in die wêreld daar buite nie — dit leef tussen my eie gedagtes. Die eindelose gesprekke, die drama wat nooit gebeur nie, die vrese, die oordink… die dinge wat ’n mens saamdra sonder rede.
Maar daar is iets aan ’n grondpad in Suid-Afrika wat dit stil maak.
Daardie lang stofpad wat nêrens haastig oppad is nie.
Die oop veld. Die donker wolke. Die stilte tussen wiele en wind.
En skielik verdwyn alles wat so swaar gevoel het.
Nie omdat die wêreld verander het nie — maar omdat ’n mens weer onthou hoe klein die geraas eintlik is.
Dis hoekom ek altyd terugkeer na die grondpad.
Want êrens tussen stof en stilte raak die kop weer rustig.
Met trots kan ek sê dat die vorige 13 werke in hierdie reeks almal verkoop is.
Ek stel hiermee Grondpad No. 14 bekend.
Grondpad No. 14 – Geen Sein
Duncan Ebedes
Oil on custom-stretched canvas
75 cm x 1 m
Out of stock





